DU TOIT Sprokies dag
#dutoitofus

Lize Marie & Attie se pragtige Bredasdorp troue.
Soveel liefde, soveel pret, soveel grappe en als in een dag. My hart het heeldag geglimlag.
Grimering en hare gedoen deur Mari Verwey
Dekor,blomme: Carin's decor 
Koek: Linda du Toit
Rok: Hoiden Bridesmaids
Venue: Bredasdorp Square

STEGMANN TROUE 

In die hart van die Karoo, 'n klipgooi buite Willowmore het Thana en Michael hul sprokies dag gevier. Michael se familie plaas het vinnig ontaard in 'n troulokaal toe hierdie lelike Covid ons tref.
Dit was 'n onvergeetlike naweek en ek wil net terug gaan Slagterskuil toe. Hierdie koue berge met sy fraaie bokkies steel sommer vinnig enige iemand se hart.
Met dieselfde asem wil ek noem dat ek in my hele lewe nog nooit ooit ooit so koud gekry het soos hierdie dag nie. Net my oë en vingers het uitgesteek. Dit was die lekkerste troue met die vrolikste gaste. Old Brown Sherrie was almal se beste maaitjie.
Soos ons weet is die Karoo se wolkies nie baie vrygewig met reen bring nie en dit het hierdie dag net nog meer spesiaal gemaak. Hulle was geseën met 'n lekker plas water net voor die seremonie. dit het my hart laat smelt. Geen gas sal hierdie naweek ooit vergeet nie.
Thana en Michael baie dankie dat ek hierdie pragtige storie vir julle kon vaslê.